Feeds:
Posts
Comments

Posts Tagged ‘Superhero capes’

Superheroes & kinders:

Ek het ‘n ding vir Superheroes…en ek is mal daaroor as klein seuntjies ‘n handdoek om hulle nekke bind en dan hulle verbeelding vrye teuels gee.

Ewe skielik het hulle ekstra supersoniese kragte.  My seuntjie is so ‘n kind wat in sy eie werêld kan wegraak en in die huis rondhardloop met sy Superhero gedaantes.

Net soos die KFV advertensie! Elke dag ‘n ander karakter!

Ek is mal daaroor!  Dit bou selfvertroue en maak hulle kreatiewe, vindingryke klein mensies!

Ek moes so baie vir my seuntjie handdoeke met haakspelde vasgemaak het dat ons, ons eie reeks SUPERHERO CAPES ontwerp en gemaak het.

Al ons capes word spesiaal gemaak volgens elke kind se eie unike behoeftes – en alhoewel ons ontwerpe op ons website het – kan enige tipe ontwerp gemaak word!

Van ons ontwerpe
 

En kyk net hierdie oulike stokkielekker Superhero idee!

Superhero stokkielekkers

Superhero template

Om die templaat af te laai~ kliek hier of loer hierhttp://zakkalife.blogspot.com/2011/02/new-superhero-lollipop-templates.html Geniet die Superheroes in julle lewe!SandraXXX

Advertisements

Read Full Post »